Uitspraak in SAPD-regstelaksiesaak Vrydag gelewer

Kaptein Renate Barnard

Die arbeidsappèlhof gaan eerskomende Vrydag uitspraak lewer in die regstellendeaksiesaak van kaptein Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die saak dateer uit 2005 toe Barnard, wat deur die vakbond Solidariteit verteenwoordig word, vir die eerste keer vir die pos van luitenant-kolonel (superintendent volgens die vorige range) aansoek gedoen het.

Barnard het twee keer aansoek gedoen vir dieselfde pos en was elke keer deur die onderhoudpaneel as die mees gekose kandidaat aanbeveel, maar is op grond van haar velkleur nie aangestel nie. Ná die derde keer wat sy vir die pos aansoek gedoen het, is die pos geskrap. Die arbeidshof het in Februarie 2010 in Solidariteit se guns beslis, waarna die SAPD die saak na die appèlhof geneem het.

“Hierdie saak gaan nie net oor Renate Barnard nie, maar ook om uitspraak te kry oor die nie-aangewese groep se reg op gelykheid en waardigheid, die absolute toepassing van rassedemografie en die balans tussen regstellende aksie en ’n effektiewe staatsdiens. Dié saak is die bekendste en langste geding oor regstellende aksie en gaan waarskynlik tot in die konstitusionele hof gevoer word,” sê Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.