Uitspraak in Please Call Me-saak voorbehou

vodacomUitspraak in die multimiljoenrand-hofsaak teen Vodacom deur ʼn voormalige werknemer, Nkosana Makate, wat beweer die Please Call Me-diens was sy idee, is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof voorbehou.

Prokureurs wat albei die partye verteenwoordig het Dinsdag hul slotvertoë gelewer, het The New Age Woensdag berig.

Makata voer aan sy idee het tot gevolg gehad dat Vodacom biljarde rande uit die diens gemaak het, en het die maatskappy hof toe gesleep om vergoeding te eis.

Hoewel die diens al 13 jaar gelede ingestel is, is Makate en Vodacom sedert toe in ‘n winsaandeel-dispuut.

Makate se prokureur het voorheen aan die hof gesê Vodacom skuld sy kliënt ʼn beraamde R650 miljoen. Hy was ʼn 23-jarige junior rekenmeester toe hy in 2000 die Please Call Me-diens uitgedink het. Hy beweer Philip Geissler, wat destyds sy bestuurder was, het in ʼn mondelinge ooreenkoms belowe hy sal met Vodacom reël dat Makate vergoeding vir dié idee ontvang. Vodacom weier egter om hom te vergoed en sê Geissler het nie die gesag gehad om so ʼn ooreenkoms aan te gaan nie.

– SAPA

Lees ook:
Voormalige Vodacom-baas getuig in Please Call Me-saak
Vodacom struikel in Please Call Me-hofsaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.