Uitspraak in Tlokwe-tussenverkiesingshofgeding voorbehou

Tlokwe verkiesingDie verkiesingshof in Bloemfontein het vandag uitspraak voorbehou in ’n hofgeding tussen die Onafhanklike Verkiesingskommissie en vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre moet plaasvind.

Regter Kenneth Nthiyane het gesê dat die uitspraak moontlik nog voor die verkiesing gemaak sal word, maar dat die redes vir die uitspraak dan later voorgehou sal word.

Die kandidate beweer dat hulle onregmatig gediskwalifiseer is nadat sommige OVK-amptenare moedswillig van hul dokumente versteek het. RSG het vanoggend berig dat die kandidate egter in kennis getel is dat al hul dokumentasie in orde was.

’n Senior OVK-amptenaar in Tlokwe is gevolglik met verlof gestuur terwyl die bewerings ondersoek word.

Indien Nthiyane in die klaers se guns beslis, sal die tussenverkiesing moontlik uitgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Mens wil tog die indruk in die berig oor die tussenverkiesing in Tlokwe kry dat daar geweldig baie vooroordeel aanwesig was in die oorweging van kandidate vir die tussenverkiesing……en dat die onafhanklikheid van die Onafhanklike Verskiesingskommissie nie so onafhanklik is nie. Is hulle dalk maar net lakeie van die ANC-regering ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.