Uitspraak uitgestel in Benoni-moordsaak

Yolandi Badenhorst Foto: IOL

Yolandi Badenhorst Foto: IOL

Uitspraak in die saak van Martin Badenhorst, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou doodgeskiet het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.

Die uitspraak sal op 12 Desember gelewer word.

Die hof het in Augustus gehoor dat Badenhorst, ʼn versekeringsmakelaar van Benoni, vir sy vrou uit die Bybel voorgelees en vir haar gebid het voordat hy haar in November 2007 in die arm en bors geskiet het. Hy beweer sy vuurwapen het per ongeluk afgegaan terwyl hulle in ʼn struweling gewikkel was met die vuurwapen.

Hy het meer as twee jaar gelede getuig dat sy vrou, Yolandi, hom met haar kêrel geterg het en gesê het dat niemand hom wil hê nie. Sy het hom glo ook geklap. Toe hy haar terugklap, het sy na sy vuurwapen gereik. Twee skote het afgegaan toe hulle oor die vuurwapen gestry het. Hy voer aan sy het hom steeds ná die eerste skoot bly aanval en hy het nie besef sy is getref nie.

Hul vierjarige seuntjie was in ‘n kamer in die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.