Uitspraak verwag van polisieman wat glo ontvoer, roof en verkrag

hofhamertjie3Die hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer in die verhoor van ʼn Randburgse polisiebeampte wat van ontvoering, roof en verkragting verdink word.

“Konst. Mokolo Karpos Molekwa (30) staan tereg op die misdade wat hy na bewering in 2011 en 2012 in verskeie areas, waaronder Tembisa, Ivorypark, Olifantsfontein en Randburg, gepleeg het,” het Grace Langa, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod), Woensdag gesê.

Molekwa was ten tyde van die voorvalle by die Randburg-polisiestasie gestasioneer.

Volgens Langa ondersoek Opod ook vyf soortgelyke voorvalle in Limpopo en Pretoria waaraan Molekwa moontlik verbind kan word.

Molekwa is sedert sy inhegtenisname en deur sy verhoor in aanhouding gehou nadat drie afsonderlike aansoeke om borgtog van die hand gewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Hoop hy sit lewenslank. Sies en mens moet na na hulle wend vir hulp? Nee wat ek maak eerder op my bure staat in tye van nood.
Ek vertrou nie mense in blou nie meer nie ek is jammer en ja dis deur hulle eie toedoen.
Ek glo baie mense voel so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.