Uitspraak voorbehou in Selebi-appèlaansoek

Die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi. Foto: GCIS

Die Appèlhof in Bloemfontein het Woensdag uitspraak voorbehou in die voormalige nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi, se appèlaansoek teen sy vonnis weens korrupsie.

Die staatsaanklaer, Gerrie Nel, het aan die hof gesê daar is geen rede om die vorige uitspraak te bevraagteken nie. Selebi is in Augustus verlede jaar in die Johannesburgse hooggeregshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie. Nel het aan ʼn volbank regters gesê Selebi het nie verduidelik hoe hy groot bedrae geld bekom het nie. Hy sê die staat het wel by monde van sy getuie, Glen Agliotti, bewyse hiervan verskaf. Nel sê Selebi kon nie gedurende sy verhoor hierop antwoord nie. Die staat het ook aangevoer dat Agliotti se gewese verloofde, Diane Muller, beïndruk het as getuie. Nel het aangevoer dat daar geen rede was vir ʼn beweerde sameswering tussen haar en Agliotti teen Selebi oor betalings aan die voormalige polisiehoof nie.

Selebi se regspan het Dinsdag sy betoë afgesluit. Sy advokaat, Jaap Cilliers, het Agliotti en Muller,se getuienis bevraagteken. Cilliers het volgehou dat Selebi nie geld van Agliotti ontvang het nie en dat Agliotti die hof opsetlik mislei het toe hy getuig het. Cilliers het aangevoer dit is onwaarskynlik dat Agliotti die inskrywings “JS”, “COP” en “Chief” op tjek-kantstrokies gemaak het om op hoogte te bly van betalings aan Selebi. Sy regskostes het belastingbetalers reeds meer as R17 miljoen uit die sak gejaag. Selebi moet egter self sy appèlkoste betaal. Indien Selebi se pogings om uit die tronk te bly misluk sal hy die R17,4 miljoen moet terugbetaal aan die staat. Selebi was nie Dinsdag of Woensdag in die hof nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rassehund ·

these guys are all corrupt…….all of them,not a singleone is serious.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.