Uitstel vir “vet” SA-man

Albert en Marthie Buitenhuis Foto: guardianlv.com

Albert en Marthie Buitenhuis Foto: guardianlv.com

Albert Buitenhuis, wat tans in Nieu-Seeland woon en met deportasie gedreig is weens sy gewig, het Maandag ʼn 23 maandlange grasie ontvang.

“Buitenhuis sal egter nie oor die volgende twee jaar kwalifiseer vir staatsgesondheidsorg nie,” het Nikki Kaye van die departement van immigrasie gesê.

Dié man van Suid-Afrika, wat nou 130 kg weeg, het twee maande gelede appèl aangeteken by die minister van immigrasie toe sy hernuwingsaansoek vir ʼn werksvisum afgekeur is weens die druk wat sy vetsug glo op Nieu-Seeland se gesondheidstelsel sou plaas. Toe Buitenhuis en sy vrou Marthie egter ses jaar gelede van Suid-Afrika na Nieu-Seeland verhuis het, het hy 160kg geweeg. Sy jaarlikse werksvisum is glo telkens sonder enige probleme hernu, tot vanjaar.

Kaye sê sy het “ʼn besluit gemaak” om ʼn ekstra 23 maande grasie aan Buitenhuis toe te ken nadat sy die inligting hersien het wat tot die dreigement van deportasie gelei het. “Onder hierdie reëling is hy nie geregtig op staatsgesondheidsorg nie, en sal hy enige gesondheidsuitgawes self moet dek,” het Kaye gesê.

Buitenhuis was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ʼn Woordvoerder vir die departement van immigrasie in Nieu-Seeland het in Julie gesê dat Buitenhuis se werksvisum afgekeur is, aangesien sy vetsug ʼn “noemenswaardige risiko” inhou vir diabetes, hoë bloeddruk, hartprobleme en slaapapnee. “Dit is belangrik dat alle migrante ʼn aanvaarbare standaard van gesondheid handhaaf om kostes en druk op die Nieu-Seelandse gesondheidsorg te minimaliseer,” het die woordvoerder gesê.

Lees ook:
SA-man “te vet” om in Nieu-Seeland te woon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Trippie ·

Ek het alweer gemengde gevoelens … kan net nie verstaan hoe hy dan in die eerste plek met sy 160 kilo’s daar aanvaar is nie, en nou is hy ‘n risiko.

Hier in die “goeie” Suid-Afrika is die hele “parlimint” te kort vir hul gewig ! Waarheen kan ons hulle verban ?

Willy ·

O hel nou kan ek ook nie emigreer na Nieu-Seeland toe nie. Dammmm!!

Trippie ·

Kan ek so 10 kilo’s by jou kry asseblief, gesien in die lig dat ek ‘n goeie advertensie vir anorexia is …

Ver Van Ryn ·

Wow, dit is ‘n besonderse wet wat in SA toegepas kan word om die aantal oorgewig poetoevreters te veminder.

frikkie ·

Hierdie lui westerse eetgewoontes sal moet stop. Gooi brood weg, brood is vir kinders, gooi melk weg melk is vir babas, gooi gebak weg, elke dag is nie n verjaarsdag of krismis nie. gooi suiker weg, suiker is gif. Gooi icecream weg icecream is vir laerskool kinders. Gooi Simba chips weg, Simba chips is vir hoërskoolkinders. Gooi pastye weg, pastye is vir hengelaars langs n dam. Eet wat oorbly en sien hoe kom die killos af.

Trippie ·

Ai Frikkie, niks so lekker as ‘n vars kaas en tamatie toebie nie man !

Ek eet ook daagliks ‘n groooooot pak Simba kaaskrulle ;)

Willy ·

As ek Marthie so bekyk op die foto’tjie loop sy ook maar op dun ys daar in Nieu-Seeland.

Willy ·

Haha my oorle ouma het altyd gesê ons sal karkatjies kry wanneer ons deur ‘n sleutelgat loer.

Maar as ek die foto’tjie so bekyk kan ek nie help om te dink hoe klink dit as…

Trippie ·

Ek verstaan nie Willy … verduidelik asseblief. Het dit iets met “springs” te doen, of wat ?

Willy ·

Haha ja Trippie. ‘n Konstruksiemaatskappy het seker daardie katel aanmekaar gesweis. En daardie gesteun en kreun haha.

Trippie ·

Nou kan ek nie antwoord, daar is geen “antwoord” funksie by jou naam, slegs “Permalink” !

Oe, aaah ! EINA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.