UJ-dosent rand glo student op kampus aan

Skermskoot uit die video Video: EWN (volg skakel in die berig)

Skermskoot uit die video Video: EWN (volg skakel in die berig)

Beeldmateriaal van ‘n dosent aan die Universiteit van Johannesburg wat glo een van die studente met ‘n knuppel aanrand, is Maandag deur Eyewitness News vrygestel.

Volgens EWN het die dosent ʼn finale skriftelike waarskuwing ontvang.

Die beeldmateriaal van die voorval is op hul webwerf gelaai. Dit is nog nie duidelik wanneer die voorval plaasgevind het nie. Klik hier om die video te sien.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SANETTE ·

AI tog sal die aanval ooit soos Bloemfontein Universiteit hanteer word of soos Noordwes se saluut. Toe waar is almal nou wat so vining na Beeld hol of is dit nie n afrikaanse universiteit nie Waar is al die wat Noordwes wil toespreek en al die personeel afbetaal Komaan hier is UJ ook nou kan ons sien of die aantuigings en strafmaatreels vir alle universiteite geld want UJ is oorwegend n engelse universiteit met hoë persentasie swart student Ek sien uit na hoe hierdie 3 universiteite nou behandel word

Jasper ·

Was dit n wit dosent sou Beeld seker al lankal tot die stryd toegetree het en ook sy naam bekend gemaak het.

Piet ·

Die universiteit van UJ moet dadelik gesluit word. Alle dosente en die bestuur moet afgedank word. n Ondersoek sal moet gedoen word of hierdie dosent nie op NW universiteit was nie. Nee stappe sal geneem moet word!!
Brand sommer n klomp boeke ook net om seker te maak.

Jasper ·

Hoekom word sy naam nie bekend gemaak nie? Kom Beeld, kom skop ook hier bietjie stof op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.