UJ-prys bekroon 2012 se beste skrywers

Die twee lewens van Dieter Ondracek

Die twee lewens van Dieter Ondracek


Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het pas die wenners van hul toekennings vir die beste skeppende skryfwerk in Afrikaans bekend gemaak.

Die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans is Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach, terwyl die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans toegeken is aan Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger.

Prof. Marné Pienaar, die sameroeper, het gesê in 2000 het die Universiteit van Johannesburg twee pryse vir skeppende skryfwerk in Afrikaans ingestel, naamlik die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans, en die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans. “Altesaam 59 inskrywings vir werke wat in 2012 verskyn het, is ontvang. Na afloop van die keurproses is ʼn kortlys bekend stel,” het Pienaar gesê.

Die aanspraak van lewende wesens

Die aanspraak van lewende wesens

Die prysoorhandiging vind op 10 Oktober tydens ʼn spoggeleentheid by die Universiteit van Johannesburg plaas en die publiek word genooi om dit by te woon. Klik hier vir meer besonderhede.

Klik hier vir die oorspronklike kortlys waaruit die wenners gekies is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.