UJ-student doodgery in polisie-jaagtog

Aucklandpark-kampus van die Universiteit van Johannesburg Foto: Wikipedia

Aucklandpark-kampus van die Universiteit van Johannesburg Foto: Wikipedia

ʼn Student is dood en ʼn ander beseer toe ʼn motor hulle Vrydag in Aucklandpark, Johannesburg, raakgery het.

“Twee studente is op die hoek van Kingsway en Universiteitsweg in Aucklandpark omgery. Een student is op slag dood en die ander is beseer,” het die Universiteit van Johannesburg in ʼn verklaring gesê.

Die beseerde student is na ʼn hospitaal geneem, maar is reeds ontslaan.

Die universiteit sê die motor wat die twee studente getref het, was besig om van die polisie te vlug. “Die bestuurder is tans in polisie-aanhouding en die hele voorval word deur die polisie ondersoek.”

Die universiteit sê hy is in kontak met die studente se families. “Die hele universiteit is hartseer oor die ontydige dood van die student. Ons betoon ons medelye met die student se naasbestaandes,” het Tinyiko Maluleke, adjunk vise-kanselier van UJ, gesê. “Die universiteit wens die beseerde student ʼn spoedige herstel toe en sal die nodige ondersteuning bied aan die beseerde student en die naasbestaandes van altwee studente wat in die voorval betrokke was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.