Underberg-plaasmoord: Vierde verdagte in hegtenis geneem

Dan Knight en sy lewensmaat, Beth Bucher.

Dan Knight en sy lewensmaat, Beth Bucher.

ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dan Knight (56), ʼn boer wat glo by sy plaashuis naby Underberg met ʼn hamer doodgeslaan is.

“ʼn 24-jarige man is in die Nkwezela-omgewing naby Himville in hegtenis geneem en hy moet vandag [Donderdag] in die Himville-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, Donderdag gesê.

Die man en drie ander verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle Knight en sy lewensmaat, Beth Bucher, op 17 Oktober op hul plaas oorval het. Knight se hande en voete is vasgebind en sy mond is toegebind. Hy is aangerand tot hy gesterf het. Bucher is in die badkamer toegesluit, maar sy kon deur ʼn venster ontsnap en hulp ontbied.

Die mans het die paartjie se Toyota Land Cruiser en Isuzu-bakkie gesteel en ʼn selfoon en drie haelgewere gebuit.

Die ander drie verdagtes is op 20 Oktober in hegtenis geneem, en het reeds in die hof verskyn.

Lees ook:
Drie vas vir KZN-plaasmoord
KZN-plaasmoord: Boer se naam bekend
Plaasmoord: Boer glo met hamer doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lanie ·

Ongelukkig se die berig nie dat die vrou gedwing is om te kyk hoe hulle hom met hamers doodslaan voordat sy in die badkamer toegesluit is nie. Hopelik kry die barbaar nie borg nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.