Uniegebou-skietery: Polisie ontken dit was polities

Argieffoto

Argieffoto

Die metropolisie in Pretoria ontken aantygings dat betogers van Mooiplaas Dinsdag by die Uniegebou geskiet is weens hul politieke verbintenis.

“Die polisie het nie lede van ʼn spesifieke politieke party geteiken nie, maar al die betogers,” het senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Die Economic Freedom Fighters (EFF), onder leiding van Julius Malema, beweer die polisie het met rubberkoeëls op die party se lede losgebrand nadat hulle Dinsdag saam met inwoners van Mooiplaas aan ʼn “vreedsame” optog by die Uniegebou deelgeneem het. Vier EFF-lede is in hegtenis geneem en ʼn paar beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir behandeling.

Inwoners van Mooiplaas, wes van Pretoria, het by die Uniegebou en in Erasmia betoog. Die betogers is met rubberkoeëls uitmekaar gedryf. Volgens Mahamba moes die polisie optree omdat die optog onwettig was. “Die optog is gekanselleer omdat niemand van die presidensie Dinsdag beskikbaar was om die inwoners se memorandum by die Uniegebou te ontvang nie. Die optog is uitgestel tot Donderdag wanneer iemand van die presidensie wel die memorandum in ontvangs kan neem.”

Volgens Mahamba is die inwoners vroegtydig ingelig dat die optog uitgestel is, aangesien die metropolisie hulle reeds verlede Vrydag gekontak het. “Die inwoners het egter steeds met die optog voortgegaan,” het Mahamba gesê.

Die hoeveelheid mense wat beseer is kon nie bepaal word nie.

Lees ook:
Polisie skiet glo op betogers op pad na Uniegebou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leon ·

More almal. Janee ou juluis se mense sal enige iets doen om aandag te trek. Ek waarborg julle dis almal outcasts wat vir hom sal stem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.