ʼn Professor in sielkunde by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn vir die verkragting van twee hawelose mans in Pretoria, het die polisie Vrydag gesê.
“Die man het glo Kersdag twee hawelose mans wat in ʼn veldjie langs Ford Menlyn (voertuighandelaar) gebly het, opgetel,” het ao Annabel Middelton gesê. Die 52-jarige man het toe die twee mans wat onderskeidelik 20 en 22 jaar oud is, na sy huis in Garsfontein geneem waar hy vir hulle klere en kos gegee het en hulle toe glo verkrag het. “Hy het hulle van skoon klere voorsien… en toe het hulle glo seksuele gunsies vir hom in ruil daarvoor gedoen.” Die mans het daarna die voorval by die polisiestasie in Garsfontein aangemeld en hy is op 26 Desember in hegtenis geneem. Middelton sê die man word ook daarvan aangekla dat hy probeer het om die polisiebeamptes wat hom gevange geneem het, probeer omkoop het. Die man se naam mag nie bekend gemaak word alvorens hy nie op die aanklagte reageer het nie. Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verhoor in die landdroshof in Pretoria op 30 Januarie, het Middelton gesê.