Unisa-prof wat glo haweloses verkrag se saak uitgestel

Die hofsaak teen ʼn professor van Unisa wat glo twee hawelose mans verkrag het is Maandag in die Pretoria landdroshof uitgestel.

EWN berig dat die man, wat nie geïdentifiseer kan word voor hy gepleit het nie, vlugtig in die hof verskyn het. Die saak is uitgestel sodat die polisie sy rekenaar se sagteware kan ontleed. Daar word ook gewag op die uitslag van DNS-toetse. Die verdediging het bevraagteken hoekom die saak nie teruggetrek is nie aangesien die beweerde slagoffers glo toestemming gegee het vir die seks. Die man het glo die twee hawelose mans op Kersdag in ʼn veld naby Menlyn opgelaai. Hy het glo met die mans seks gehad nadat hy hulle toegelaat het om te bad en vir hulle kos gegee het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.