Unisa-professor wat glo verkrag weer op vrye voet

Die polisie het die professor in sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) wat van verkragting aangekla word, op borgtog vrygelaat aangesien dit blyk dat die twee vermeende slagoffers toestemming tot die daad verleen het.

Die 52-jarige man is Saterdag uit die aanhoudingselle by die polisiestasie in Garsfontein vrygelaat. Duane Lightfoot van die polisie het gesê dat ʼn verdere ondersoek meer lig gewerp het op die vermeende verkragting wat op Kersdag plaasgevind het. “Daar is ʼn sterk moontlikheid dat die twee moontlik toestemming verleen het.” Volgens Lightfoot is daar geen ander rede om die borg teë te staan nie. “Die aangeklaagde het ʼn vaste huis- en werksadres en beide slagoffers is ouer as 20.” Die professor in sielkunde het glo die twee hawelose slagoffers na sy huis gelok waar hy kos, ʼn bad en klere aan hulle verskaf het. Daar word vermoed dat beide mans in ruil vir die skoon klere en kos seks met die aangeklaagde gehad het. Die beskuldigde word ook daarvan aangekla dat hy glo die polisielede wat hom in hegtenis kom neem het wou omkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.