Unisa-vraestelle uitgelek

Argieffoto

Die Valke het Dinsdag vyf mans in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik vraestelle van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) gesteel en verkoop het.

Kaptein Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, het Woensdag gesê vier van die vyf verdagtes is van Zimbabwe.

“Die inhegtenisnemings volg nadat die Valke op inligting reageer het dat Unisa-vraestelle verkoop word. Die verdagtes is glo studente en dosente van Pretoria,” het Ramaloko gesê.

Die verdagtes moet Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van die besit van gesteelde eiendom en kan ook van bedrog aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.