Usain Bolt kondig aftrede aan

Usain Bolt

Usain Bolt

Usain Bolt het gesê hy beplan om ná die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 uit die sport af te tree.

Bolt sê hy wil graag die goue medalje in Rio inpalm, nog ʼn wêreldrekord in die 200m volgende jaar opstel en moontlik ook ʼn goue medalje by die Statebond Spele wen.

“Ek dink dit sal ʼn goeie tyd wees om af te tree,” het Bolt gesê. “Ek is op die hoogtepunt van my loopbaan en ek domineer al so lank.”

Bolt sal Vrydag by die Van Damme Memorial sy laaste 100m-wedloop vir dié seisoen hardloop. Hy het drie goue medaljes by die wêreldkampioenskap in Moskou ingepalm.

“As ek tussen die grotes soos [Muhammad] Ali en Pele beskou wil word, moet ek aanhou om te domineer totdat ek aftree,” het Bolt gesê.

http://youtu.be/JpM2mrAfc3I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Hy gee nou die ander atlete ook die geleentheid om op die podium te staan.
Hy is maar net die beste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.