Usain Bolt sê dwelmskandaal is ‘n “terugslag”

Usain Bolt

‘n Video van Bolt se uitstekende vertoning tydens die Olimpiese Spele in 2012 volg onderaan die berig. Die top atleet Usain Bolt het gesê die onlangse dwelmskandaal in naellope is ʼn terugslag vir dié sport, maar voer aan hy is nie skuldig nie.

Tyson Gay, Asafa Powell en Sherone Simpson is van die atlete wat onlangse toetse nie geslaag het nie. Die wêreldkampioenskap vind volgende maand plaas.

“Dit is so bietjie van ʼn terugslag,” het Bolt gesê. “Ek hoop dat ek, met my eie vertoning, mense sal help om te vergeet wat gebeur het. Ek is skoon.”

Die Jamaikaan het gesê hy het een SMS-gesprek met Powell gehad sedert laasgenoemde positief getoets het vir die stimulant oxilofrone. Bolt het vir hom gesê hy moet “sterk staan”.

Bolt sal Vrydag vir die eerste keer weer in Londen deelneem sedert hy drie goue medaljes by die Olimpiese Spele in 2012 ingepalm het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.