UTi vra om verskoning ná hulle boeke vernietig

‘n Maatskappy wat handboeke aan skoliere in KwaZulu-Natal verskaf, het om verskoning gevra nadat hulle sowat 100 boeke, wat glo deur reën beskadig is, vernietig het.

Panyaza Lesufi, woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, het bevestig dat Uti, die maatskappy wat die boeke versprei, ‘n verskoning ingedien het. Die boeke is by die maatskappy se pakhuis in Empangeni vernietig. Personeellede by dié pakhuis het besluit die boeke kan nie gered word nie.

Die maatskappy het gesê geen skool is hierdeur geraak nie en daar is glo geen bewys van “kriminaliteit” of “korrupsie” nie.

UTi het die skole identifiseer wat die beskadigde boeke moes ontvang. Die maatskappy het toe die werkboeke vervang en dit direk by die betrokke skole gaan aflaai. Die werkboeke is binne twee weke vervang en geen skool is glo deur nie-aflewering benadeel nie.

Lesufi het daarop gewys dat dit werkboeke is en nie handboeke nie. Elke leerling ontvang ‘n werkboek met oefeninge daarin. Lesufi sê die werkboeke help onderwysers ook om die vordering van leerlinge na te gaan, maar dat dit nie handboeke vervang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.