Vaaldriekhoek-omroeper vas vir seun se verkragting

ʼn Man is in hegtenis geneem vir die verkragting van ʼn 15-jarige seun in Sharpeville, Gauteng.
Die man, wat 30 jaar oud is, is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn klag teen hom gelê is, sê adjudant-offisier Kimmie Steyn.
Die man sal na verwagting Maandag of Dinsdag in die Sebokeng Landdroshof verskyn.
Volgens die SABC is die man, wat na bewering ʼn gemeenskapsradiostasie-aanbieder is, voorheen van soortgelyke oortredings verdink, maar nie aangekla nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.