Vaderskaptoets stel verassing uit

Argieffoto

‘n Man van Uitenhage kan uiteindelik veras word ná ‘n kortstondige regstryd oor die vaderskap van sy voormalige vriendin se liefdeskind sy begrafnis vir ‘n paar weke uitgestel het.

Sy familie het haar blameer en gesê sy is verantwoordelik vir sy dood, berig SowetanLIVE. Ná ‘n dringende aansoek vroeër dié maand in die hooggeregshof in Port Elizabeth is die verassing van die man, wie se naam nie gepubliseer mag word nie om die kind te beskerm, uitgestel. Die hofbevel is bekom na die man se afsterwe.

Sy voormalige vriendin het verduidelik dat sy sedert sy ‘n tiener was, in ‘n intieme verhouding met die 56-jarige man betrokke was. Hulle het ook in ‘n stadium saamgebly. Sy het ‘n kind en het beweer dat hy die pa is. Die paartjie het egter voor sy afsterwe die verhouding verbreek. Sy het die hof versoek om Bossie’s Executive Funeral Home te beveel om die verassing uit te stel totdat DNA-toetse gedoen kan word. Sy sê sy wil glo amptelike bevestiging hê dat die kind syne was sodat sy ‘n eis vir onderhoud vir die kind teen sy boedel kan indien.

Die familie het egter tot ‘n gelyk gekom en die vrou het die interdik teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.