Vakansiegangers kan van kinderverwaarlosing aangekla word

Argieffoto.

Ouers wat nie omsien na hul kinders op oorvol strande tydens die feesgety nie, kan van kinderverwaarlosing aangekla word.

Die eThekwini-munisipaliteit in Durban het dié waarskuwing uitgereik. Christo Swart, voorsitter van die munisipale komitee vir kinderveiligheid oor die feesseisoen, het aan ‘n dagblad gesê dit is tyd dat die wet streng neergelê word.

“Die munisipaliteit tree verantwoordelik op en ons wil hê ouers moet ook verantwoordelik wees,” het Swart gesê. In die verlede was daar gevalle waar kinders verskeie dae in ʼn plek van veiligheid aangehou moes word voor hul ouers hulle gaan haal het, en dit is vir die kinders baie traumaties.

Volgens Swart gebeur dit gereeld dat ouers eers teen sononder na hul kinders begin soek. “Ons sal ouers waarsku, en as hulle nie luister nie, sal hulle vervolg word,” het hy gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.