Vakansiegangers ‘n maklike teiken

Vakansiegangers wat plekke rondom Bela-Bela (Warmbad) besoek, word gemaan om veilig en paraat te wees. Die Limpopo-polisie het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat daar ʼn geringe toename in diefstalle en inbrake by lodges en kampplekke rondom Bela-Bela is.

Dit volg nadat ʼn familie oor die naweek van hulle waardevolle besittings beroof is by Thaba Monaté, ʼn vakansieoord in die omgewing. (Lees die volledige storie hier).

Angelo Abbatemarco, eienaar van Thaba Monaté, het Sondag aan Maroela Media gesê daar is veiligheidsmaatreëls in plek by die oord. “Dit gebeur nie baie nie, maar het wel by ander lodges en vakansieoorde in die gebied ook al gebeur,” het hy gesê.

Volgens luitenant-kolonel Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, werk die polisie en eienaars van gastehuise, lodges en kampeerplekke saam in ʼn poging om die misdade te bekamp. “Eienaars word egter aangemoedig om hulle eie veiligheidsmaatreëls op te skerp en ook om besoekers bedag te maak op misdade en hulle te maan om paraat te wees,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.