Vakbond bekommerd oor Telkom se aanbod van pakkette

Die vakbond Solidariteit het sy kommer uitgespreek nadat Telkom bekend gemaak het dat hy vir sy hele werksmag van nagenoeg 21 000 werknemers vrywillige skeidingspakkette en vroeë aftrede-pakkette gaan aanbied.

Dié aanbod geld van 15 Maart tot 31 Augustus. “Die aanbod het ten doel dat Telkom sy sakedoelwitte kan bereik…sy volhoubaarheid kan verseker deur sy werksmag te balanseer sodat dit in lyn is met sy strategieë,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. Telkom het beklemtoon dat dit die uitsluitlike diskresie van elke werknemer is of hy/sy om ’n pakket wil aansoek doen. Volgens Solidariteit het Telkom reeds bevestig dat ’n formele afleggingsproses waarskynlik sal volg indien die vrywillige proses nie die gewenste kostebesparing tot gevolg het nie. Die vakbond sê hy is reeds in gesprekke met Telkom hieroor en sal verdere besonderhede bekend maak soos wat dit beskikbaar raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.