Vakbond bereik gunstige loonooreenkoms met Mango

Die vakbond Solidariteit en die laekostelugdiens Mango het Donderdag, ná ’n geskilvergadering by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), ’n loonooreenkoms bereik.

Volgens Zirk Gous, woordvoerder van Solidariteit, is die inhoud van die ooreenkoms vertroulik, maar baie gunstig vir Mango-vlieëniers wat tot nou toe met veel kleiner pakkette as hulle eweknieë by Comair en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) tevrede moes wees. “Dit is ’n driejaarooreenkoms. Die breë beginsels van die ooreenkoms is in ’n skikkingsooreenkoms, wat onderteken is deur beide partye, saamgevat.” Gous sê die ooreenkoms wys weereens dat ’n gunstige ooreenkoms bereik kan word indien al die partye werklik daartoe verbind is om ’n oplossing te vind.

Solidariteit en die bestuur van Mango het in Desember 2011 ooreengekom om met ’n proses te begin om Mango-vlieëniers se vergoeding in die daaropvolgende drie jaar in ooreenstemming met die ander laekostelugdienste in die bedryf se vergoeding te bring. Die partye kon egter nie vanjaar tydens die eerste rondes van onderhandelinge ooreenstemming bereik oor wat markverwante lone vir vlieëniers van laekostelugdienste behels nie. Die vakbond verteenwoordig die oorgrote meerderheid van Mango se vlieëniers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.