Vakbondman beseer na petrolbom

Die voorsitter van die National Union of Mineworkers (NUM) se Anglo Platinum Khomanani-tak is ernstig beseer nadat sy huis in Rustenburg glo met ʼn petrolbom gegooi is.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van NUM, sê die voorsitter, wat se naam nog nie bekend gemaak is nie, se huis is Vrydagaand met ʼn petrolbom gegooi. “Hy het ernstige beserings opgedoen en is in die hoësorgeenheid van die plaaslike hospitaal opgeneem.” Seshoka sê die voorval kom na verskeie van sy lede by Anglo Platinum dreigemente ontvang het. Die polisie kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.