Valhalla Park-inwoners weer gehuisves

Foto: @sayeddhansay op Twitter

Foto: @sayeddhansay op Twitter

Inwoners van die Agstelaan informele nedersetting in Valhalla Park, Kaapstad, is nou weer almal gehuisves ná ʼn brand verlede maand hul huise vernietig het.

“Die primêre begunstigdes is almal geakkommodeer kragtens ʼn formele uitleg wat uiteindelik al 600 families in die informele nedersetting sal vestig,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder vir die stad se ramp- en risikobestuursentrum, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Elke familie sal toegang hê tot water, spoeltoilette, voorafbetaalde elektrisiteit en vullisdienste.

Konstruksie sal na verwagting in Oktober begin. Die families word tans gehuisves op toegekende persele met tydelike waterpype en mobiele spoeltoilette. “Elektrisiteit sal binnekort beskikbaar gemaak word,” het hy gesê.

“Families wat nie deur die brand geraak is nie sal ook na die verbeterde persele verskuif word.”

Meer as 1 500 mense is op 23 Desember dakloos gelaat ná ʼn brand in die informele nedersetting uitgebreek het.

Lees ook:
Valhalla Park-brand: Kaapstad verskaf steeds hulp
1 400 dakloos ná brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.