Valke-beampte wat glo uniforms, ammunisie verkoop kry borg

‘n Kaptein van die Valke wat van korrupsie beskuldig word, is Woensdag in die Kaapse landdroshof borgtog van R10 000 toegestaan.

Esmeralda Bailey (43) en haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks, het Woensdag voor landdros Eric Louw hof verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle polisieuniforms en ammunisie aan die publiek verkoop het. Bailey se regsverteenwoordiger, William Booth, het bevestig dat sy die borg betaal het. Hendricks het egter nie die borg betaal nie en bly in aanhouding. Hulle moet weer op 1 Maart in die hof verskyn. Bailey moet volgens haar borgvoorwaardes twee keer per week by die Elsiesrivier-polisiestasie aanmeld. Sy mag nie met die staat se getuies kontak maak nie. Bailey se dogter sal ook vir die staat getuig. Landdros Louw het egter toegegee dat Bailey met haar dogter mag kontak maak aangesien hulle saam woon. Bailey is glo die afgelope drie jaar op stresverlof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.