Valke en jeugliga swyg oor Malema-berigte

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Valke en die ANC-jeugliga wou Maandag nie ʼn woord rep oor berigte dat die jeugleier, Julius Malema, moontlik in hegtenis geneem kan word op aanklagte wat verband hou met sy finansiële belange nie.

Die Valke se woordvoerder, McCintosh Polela, sê hy kan nie hieroor kommentaar lewer nie. Die ANC-jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, wou ook nie kommentaar lewer nie. Die Times het Maandag berig dat ʼn ondersoek deur die Valke en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens na Malema se finansiële belange amper afgehandel is. Die Sunday Times het die naweek berig dat die ondersoek prima facie bewyse opgelewer het van ʼn oortreding. Malema se Ratanang familietrust en verskeie ingenieursmaatskappye maak glo deel uit van die ondersoek. Dié maatskappye het glo onregmatig tenders in Limpopo bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.