Valke gaan dalk Pippie se fonds ondersoek

Die foto van Pippie is Maandag op Facebook gelaai.

Die Valke ondersoek beweringe dat geld, wat aan die brandslagoffer Pippie Kruger se fonds geskenk is, glo verduister word.

“ʼn Vrou het vorendag gekom met beweringe dat fondse van Pippie se stigting, Pippie se Gesiggie, gebruik word om die ma se leefstyl te finansier,” het kapt. Paul Ramaloko, die Valke se woordvoerder, Dinsdag gesê.

Hy het egter beklemtoon dat geen kriminele aanklagte amptelik aanhangig gemaak is nie.

Pippie het die harte van mense regoor die wêreld geraak toe sy op Oujaarsaand in 2011 erge derdegraadse brandwonde opgedoen het nadat sy met vuuraanstekerjel gebrand het.

Sy het verlede jaar in Junie ʼn baanbrekersoperasie ondergaan toe gekloonde vel, wat in Boston in Amerika gekweek is, suksesvol op haar oorgeplant is.

Pogings deur Maroela Media om Pippie se ma, Anice, op te spoor vir kommentaar, was tot dusver onsuksesvol. Anice het tydens ʼn vorige geleentheid op Facebook gesê dat sy “niks het om weg te steek nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Ek sal BITTER hartseer EN teleurgesteld wees indien dit die waarheid is !

Hierdie klein pop het in soveel mense se harte gekruip en ek glo daar gaan nog derduisende rande benodig word vir plastiese chirurgie en ander verdere behandeling.

Willy

Ek hoop nie dis waar nie! Kan ‘n ma die befondsing neem om haar eie leefstyl te finansier as sy haar kind elke dag sien en weet deur wat sy was en deur wat sy nog gaan? Ek wonder of haar eggenoot weet?

Trippie

Ek sal baie graag Ivor se kommentaar wil hoor op my repliek.

Annemarie Hawkins

Ek glo dit nie, iemand soek nou weer sensasie

Amy

Hoop nie dis die waarheid nie.