Valke maak reuse-dwelmvonds

die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: @MartheKotze/Twitter

die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: @MartheKotze/Twitter

Die Valke het Woensdag op dwelms met ʼn straatwaarde van R75 miljoen beslag gelê in Kempton Park aan die Oos-Rand.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê dit is die grootste hoeveelheid dwelms in terme van waarde waarop vanjaar nog beslag gelê is. Twee mans, ʼn Nigeriër en Tanzaniër, is in hegtenis geneem nadat daar 20 kg heroïen, 15 kg kokaïen en 15 kg tik in hul besit gevind is. Ramaloko sê die twee verdagtes is die afgelope paar maande deur misdaadintelligensie-beamptes dopgehou. Die verdagtes sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het die Valke geloof vir hul harde werk. “In die afgelope twee jaar is 669 mense in verband met dwelmsindikate in hegtenis geneem terwyl daar op 298 804 874 kg se dwelms met ʼn straatwaarde van R95 miljoen beslag gelê is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stinkfinger ·

Waarom hulle ingegtenis neem en die mense word toegelaat om te rook en drink, verban dan alles nie net sekere verdowingsmiddels nie. Meer mense is aan Nikotien en Alkohol verslaaf as aan dagga en ander drugs

Peter Says ·

vrotvinger !!!! so hierdie harde dwelms dra jou goedkeuring weg, het jy kinders ???

Adoons ·

R95 miljoen vir 298 804 874 kg dwelms! Dis minder as 32 sent per kilogram. Lyk na ‘n winskoop vir ‘n ou wat op ‘n ‘trippie’ wil gaan!

Lynette Hugo ·

Dit is fantasties, net vreeslik jammer julle kon nie die klomp in vanderbijlpark gevang het wat verantwoordelik was vir die klomp sterftes so wel as my seun sn nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.