Valke: Malema ondersoek begin

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Valke het Sondag gesê sy ondersoek na ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se finansiële sake het begin.

ʼn Woordvoerder van die Valke. McIntosh Polela, sê hulle sal onder meer ondersoek instel na die Ratanang-familietrust. Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het korrupsie-klagte teen Malema aanhangig gemaak na berigte dat hy dié trustfonds gebruik om beweerde tenderbedrog te pleeg. Sakelui het glo vir Malema geld in die trustrekening inbetaal in ruil vir regeringstenders. Die Valke se aankondiging kom kort na die ANC aangekondig het dat hy Malema dissiplinêr gaan verhoor. Malema en die jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, sal op 30 en 31 Augustus verhoor word. Dit kom na hulle uitlatings dat die jeugliga ʼn span na Botswana gaan stuur om regime verandering in die land te weeg te bring. Malema en Shivambu word daarvan aangekla dat hulle verdeelheid in die ANC saai en die party in oneer bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.