“Valke moet e-tol ondersoek”

Cosatu-lede met hul duidelike boodskap. Foto: SABC

Cosatu-lede met hul duidelike boodskap. Foto: SABC

Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag ʼn beroep gedoen op motoriste om die middestad van Johannesburg te vermy terwyl die vakverbond Cosatu ʼn massa-optog daar hou oor die omstrede e-tolstelsel.

Lede van die vakverbond is tans besig om by Cosatu-huis in Braamfontein bymekaar te kom, waarna hulle beplan om teen 10:30 na verskeie staatsdepartemente in die Johannesburgse middestad te loop om verskeie memoranda te oorhandig. Hulle gaan ook na ʼn kantoor van die Valke loop en ʼn memorandum daar oorhandig wat daarop aandring dat die Valke die stelsel ondersoek.

Cosatu het Woensdag gesê hy sal aanhou met massa-optredes en slakkepas-betogings op hoofweë “omdat dit politici irriteer” en hy is tevrede met die irritasie wat dit veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leon ·

Hoekom breek cosatu nie net die hele struktuur af nie. Dis gou want hulle is duisende.

Trippie ·

LoL – en hulle hoef nie te bekommer om uitgeken te word – lyk almal nie maar dieselfde nie ?

leon ·

Trip, dis een ding waarmee ek met hulle saamstem. Die eTol is n bedrog spul. Netnou waai dit oor na ons in die Kaap toe.

Cindy ·

Leon, die regering sal dit definitief oor die hele land instel as hulle dit in Joburg kan regkry. Brand af! As ek daar was het ek die eerste vuurhoutjie uitgehaal.

Cindy ·

Pasop. Hy sal jou vuurhoutjies steel. As hy klaar is met jou sal jy nie eers die boksie oorhe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.