Valke ondersoek Facebook-foto

Die Sunday Times het dié foto op sy voorblad geplaas. Die foto verskyn glo op die Facebook-profiel van "Eugene Terrorblanche".

Die Valke het bevestig dat hy ondersoek instel na ʼn foto wat op die sosiale netwerk Facebook geplaas is waarop ʼn wit man glo met ʼn geweer oor die lyk van ʼn swart kind staan.

Volgens ‘n berig in die Sunday Times, is die foto op die profiel van ʼn gebruiker genaamd “Eugene Terrorblanche”. Hy het teen Sondag amper 600 “vriende” gehad op Facebook. Die minister van polisie, Nathi Mthetwa, se woordvoerder, Zweli Mnisi, sê die minister het gevra dat ʼn ondersoek gedoen word en dat die persoon wat die foto op Facebook geplaas het of enigiemand wat die persoon ken na vore moet kom. Mnisi sê indien die foto ʼn regte voorval uitbeeld moet diegene wat verantwoordelik is gestraf word. Hy sê enigeen wat deels verantwoordelik is vir die publisering van die foto, die profiel geskep het of diegene wat dit gesien het en dit nie aangemeld het nie, kan vervolg word.

Maroela Media sal die week een van sy meningsvormers op Die Groot Debat vra om die artikel in konteks te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.