Valke ondersoek Pule

Dina Pule

Die Valke het bevestig dat hulle aanklagte van korrupsie teen Dina Pule, die voormalige minister van kommunikasie, ondersoek.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die DA het die klagte by die Wes-Kaapse Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak en later na die Valke verwys. Ramaloko sê daar is geen verdere besonderhede in die stadium bekend nie aangesien hulle pas begin het om die saak te ondersoek. Die DA het in Mei klagte ingedien teen Pule, haar vriend Phosane Mngqibisa, die geskorste hoof finansiële beampte van die SABC Gugu Duda en die huidige uitvoerende hoof Lulama Mokhobo. Die klagtes is aanhangig gemaak nadat die Sunday Times berig het dat Mngqibisa finansieel gebaat het by die departement van kommunikasie se IKT-indaba. Duda het glo weens Pule se invloed ʼn pos by die SABC gekry. Mngqibisa het glo sy invloed gebruik om vir ʼn familielid ʼn pos by die SABC te reël. Pule is vroeër die maand deur president Jacob Zuma gepos toe hy sy kabinet geskommel het. Yunus Carrim is in haar plek aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Is daar ‘n verskuilde paragraaf in die grondwet wat vereis dat ministers sinoniem moet wees met misdaad ? Dit blyk vir my so voor te kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.