Valke skiet 7 ‘rowers’ dood, wond 9

Sewe vermeende rowers is Saterdag by Protea Coin se kontant-depot wes van Johannesburg doodgeskiet.

“Die Valke en ‘n spesiale taakspan het omstreeks 17:00 ‘n groep van 20 gewapende rowers konfronteer. Die groep was van plan om Protea Coin se kontant-depot in Robertsville te beroof,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. “Nadat hulle vasgekeer is, het hulle op die Valke begin skiet. Sewe vermeende rowers is in die skietgeveg doodgeskiet. Nege is beseer en gehospitaliseer.”

Die Valke het beslag gelê op elf voertuie en ‘n aantal vuurwapens.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.