Valke-woordvoerder gepos

McIntosh Polela

McIntosh Polela, die voormalige woordvoerder van die Valke, is amptelik afgedank.

Nathi Mthetwa, die polisieminister, het op ʼn navraag van die DA reageer en bevestig dat Polela reeds op 27 Maart ontslaan is, het The Star Donderdag berig.

“Die beampte het R323 238.41 in salaris ontvang tydens die periode wat hy geskors was,” het Mthetwa gesê.

Maroela Media het in November berig Polela is geskors nadat hy ʼn omstrede uitlating gemaak het op Twitter.

Polela het in Oktober getwiet: “Ek vertrou dat Jub Jub se ondersteuners vir hom ʼn pot Vaseline gegee het om saam met hom tronk toe te neem.” Sy uitlatings het gekom nadat Molemo “Jub Jub” Maarohanye en Themba Tshabalala op vier aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die gebruik van dwelms skuldig bevind is. Vier kinders is dood nadat Maarohanye en Tshabalala in Maart 2010 resies gejaag en in die groep kinders ingeploeg het. Polela het na die tyd om verskoning gevra vir sy uitlatings.

Lees ook:
Valke-woordvoerder geskors ‘ná twiet’
Nando’s spot met Valke-woordvoerder se Vaseline-tweet
Valke-woordvoerder jammer oor Vaseline-twiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.