Valke-woordvoerder geskors ‘ná twiet’

Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, is geskors vermoedelik nadat hy ʼn omstrede uitlating gemaak het op Twitter.

Brig. Phuti Setati, woordvoerder van die polisie, het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat Polela geskors is en dat daar “interne dissiplinêre stappe” teen hom geneem word. Polela is vermoedelik geskors nadat hy verlede maand getwiet het: “Ek vertrou dat Jub Jub se ondersteuners vir hom ʼn pot Vaseline gegee het om saam met hom tronk toe te neem.” Sy uitlatings het gekom nadat Molemo “Jub Jub” Maarohanye en Themba Tshabalala op vier aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die gebruik van dwelms skuldig bevind is. Vier kinders is dood nadat Maarohanye en Tshabalala in Maart 2010 resies gejaag en in die groep kinders ingeploeg het. Polela het na die tyd om verskoning gevra vir sy uitlatings. Polela se kommentaar het sterk kritiek ontlok met mense wat meen dit is onaanvaarbaar aangesien hy ʼn lid van die Valke is. Setati wou egter geen verdere besonderhede bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.