Vals gerugte het Bloemfonteiners op hol

Die polisie het Dinsdag gerugte ontken dat ʼn groep betogers onderweg is om woonbuurte in Bloemfontein, Vrystaat, in te vaar en te beskadig.

ʼn Boodskap doen sedert Maandag die rondte op sosiale netwerke wat beweer dat die gemeenskappe van Thabong, Botshabelo, Qwa Qwa en Boemfontein na die stad beweeg om verwoesting in gegoede woonbuurte te saai, berig OFM.

Die boodskap beweer dat die optog in samewerking met ʼn mynwerkersunie geskied en dat inwoners vir veiligheidsredes in hul huise moet bly. Billy Jones, ʼn polisiewoordvoerder, het egter aan die radiostasie gesê die gerugte kan nie bevestig word nie. “Ons het lede wat die gerugte ondersoek. Daar is geen rede om paniekerig te raak nie, want daar is nie so ʼn aksie wat plaasvind nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.