Valsbaai-visserman soek

Reddingswerkers is op soek na ‘n 65-jarige man wat Vrydag in die see by Valsbaai weggeraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Mario Fredericks, stasiebevelvoerder van die NSRI Strandfontein, sê die man het saam met twee vriende vis gevang toe hy, suid van Monwabisi naby Macassar, deur ‘n golf van die rotse af in die see in gespoel is. “Daar is nog geen teken van die man nie, en ‘n lug- see- en strandsoektog is van stapel gestuur. Die polisie se duikeenheid het ook intussen by die soektog aangesluit. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Wes-Kaapse Noodhulpdienste en Skymed-helikopters is almal by die soektog betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.