Valse Facebook-Motlanthe vra omkoopgeld

Adjunk president Kgalema Motlanthe Foto: GCIS

Adjunk president Kgalema Motlanthe Foto: GCIS

ʼn Persoon wat hom as adjunk-president Kgalema Motlanthe op Facebook voordoen, probeer om deur ʼn foefie omkoopgeld van lede van die publiek te bekom.

Thabo Masebe, Motlanthe se woordvoerder, het Vrydag gesê die bedrieër het iemand gevra om hom in Britse ponde te betaal om vir besighede en kontrakte te kwalifiseer.

“Die valse Motlanthe het ʼn bedrag van £450 (sowat R7 200) van ʼn Facebook-vriend gevra om by die slenter te baat,” het Masebe gesê. Die persoon aan wie die versoek gestuur is, het dit vreemd gevind en die presidensie gekontak om uit te vind of dit waar is. “Ons het aan hom meegedeel dat hy slegs met iemand kontak gemaak het wat hom as die adjunk-president voordoen.”

Die valse profiel is by Facebook aangemeld, maar dit is nog nie duidelik hoe lank dit gaan neem voor die profiel verwyder gaan word nie.

Masebe het gesê dit wil voorkom of die profiel onlangs geskep is, maar die valse “Motlanthe” het reeds meer as 5 000 vriende in twee weke gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Yeaah, en al 5 000 is verseker darkies wat bittergraag pelle met hierdie perd wil wees.

Seg Net ·

Hou die regering van hierdie land nie ook ‘n vals profiel as regverdigheid voor nie?

Willy ·

Dit lyk my hy kyk skeel. Seker was die binneleisel bietjie kort gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.