‘Vampier’ se skelet gekry

Die opgrawingsterrein. Foto: Dariknews.bg

Argeoloë wat in die Bulgaarse stad Sozopol opgrawings doen, het die geraamte ontdek van iemand wat klaarblyklik vir ‘n vampier aangesien is.

Dié man is meer as 600 jaar gelde begrawe na hy verskeie kere met ‘n pen in die bors en maag gesteek is, en die ysterpen waarmee hy om die lewe gebring is, is in die borsholte gevind.

Die inwoners het destyds op dié wyse doodseker probeer maak dat iemand wat hulle vir ‘n vampier aangesien het, nie weer uit die dood sou opstaan nie.

Hoewel dit die eerste geval in Sozopol is wat gevind is, is meer as ‘n honderd skelette met sulke steekwonde al elders in Bulgarye gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.