Van der Burgh wen brons

Cameron van der Burgh het vanoggend Suid-Afrika se eerste medalje verower by die FINA Wêreld-swemkampioenskappe in Sjanghai in Sjina. Van der Burg het derde geëindig in die 100 meter borsslag vir mans in ʼn tyd van 59 komma 49 sekondes.

Hy het drie medaljes verower by verlede jaar se Statebondspele. Alexander Dale Oen het die item in ʼn tyd van 58 komma 7 sekondes gewen. Van der Burgh is die enigste Suid-Afrikaners wat gister tot ʼn eindronde deurgedring het. Suid-Afrika se Karin Prinsloo het laaste geeindig in die halfeindronde van die 100 meter rugslag vir vroue. Die Suid-Afrikaanse waterpolo-span het hulle laaste wedstryd teen Oezbekistan met 6-5 gewen om sodoende algeheel 15de te eindig. Suid-Afrika is tans in die gesamentlike 19de plek op die medaljeleer saam met Hongarye en Oekraïne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.