Van der Vyver se pa gedagvaar

Inge Lotz en Fred van der Vyver Foto: Tia Mysoa-blog

Inge Lotz en Fred van der Vyver Foto: Tia Mysoa-blog

Die pa van die voormalige moordbeskuldigde Fred van der Vyver word deur sy seun se voormalige prokureur vir miljoene rande se uitstaande regskoste gedagvaar, het Beeld Saterdag berig.

Advokaat Dup de Bruyn SC het in Desember 2013 ʼn eis van R4.3 miljoen by die Oos-Kaapse hooggeregshof ingedien.

Die Kaapstadse hooggeregshof het in Augustus 2011 ten gunste van Van der Vyver beslis wat die minister vir R46 miljoen skadevergoeding gedagvaar het nadat hy in 2005 vir die moord op sy meisie, Inge Lotz, in hegtenis geneem is.

Lotz se liggaam is in Maart 2005 op ʼn bank in haar woonstel in Stellenbosch aangetref. Sy het ernstige kopwonde opgedoen nadat sy met ʼn stomp voorwerp geslaan is. Sy het ook messteekwonde in haar bors gehad.

Van der Vyver is drie maande later in verband met die moord in hegtenis geneem en op borgtog van R10 000 vrygelaat. Talle versoeke van Van der Vyver se regspan om die vervolging te laat vaar is van die hand gewys. Hy is uiteindelik, na ʼn hofsaak wat nege maande lank geduur het, deur regter Deon van Zyl en twee assesore onskuldig bevind.

De Bruyn het Van der Vyver in die kriminele en siviele saak verteenwoordig, berig Beeld. De Bruyn het glo in sy eis gesê hy het in September 2005 ʼn mondelingse ooreenkoms met Van der Vyver se pa aangegaan. Een van punte in die ooreenkoms was dat De Bruyn die leiding sou neem in Van der Vyver se verdedigingspan. Hy het glo van Julie 2006 tot November 2007 “voltyds” aan die saak gewerk.

De Bruyn en Van der Vyver se pa het in Januarie 2008 weer ʼn mondelingse ooreenkoms aangegaan dat die totale bedrag vir regskoste R2 668 867.81 beloop. Dié bedrag het in daardie stadium met rente R3 052 509.30 beloop, berig die koerant.

Van der Vyver se pa het aan De Bruyn gesê die enigste oorblywende bates waaroor hy beskik is die familieplaas en ʼn aandeel in ʼn tamatieplaas. De Bruyn het in sy hofdokumente aangevoer dat hy nie wil hê die familie moet hul plaas verloor nie, en hy het tot ʼn uitstel ingestem.

Van der Vyver het De Bruyn verlede jaar glo R900 000 betaal. Op 31 Julie verlede jaar en nadat die R900 000 in ag geneem is, was die uitstaande bedrag verskuldig (rente ingesluit) ’n bedrag van R3 931 231,16 en belasting van R373 641,49. De Bruyn eis dus altesaam R4,3 miljoen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Die “blinde sambok” het begin slaan! Die vraag is nog steeds, wie het vir Inge vermoor? Iemand het, want sy is dood!

Marlize

Ek glo ons almal weet tog maar en meer spesifiek na aanleiding van die Molett-broers se bevindinge en verdere ondersoeke ten aansien van die bewyse wat heel deeglik getoets is, ‘wie’ die moord gepleeg het. Inbreker was dit beslis nie, aangesien niks gesteel of gevat is nie, die foto van haar sleutels en selfoon op die kombuistafel, haar handsak en beursie daarin, niks is weg nie. Penny for your thoughts? Syt ook presies geweet wie sy in laat aangesien ‘op die foto’ (fotos waarna ek verwys is soos geplaas op die Truth4Inge webtuiste) die deur is gedeeltelik glas, die veiligheidshek… Lees meer »