Van Eck-moord: Jong vrou kry tronkstraf

Maartens van der Merwe en Chané van Heerden. Foto: Facebook

Die veroordeelde Welkom-begraafplaas moordenaar, Chané van Heerden, sal minstens die volgende 20 jaar agter tralies moet spandeer.

Die rondgaande hof in Virginia in die Vrystaat het Van Heerden (20) Vrydag as ʼn gevaarlike krimineel bestempel. Regter Albert Kruger het gelas dat Van Heerden oor 20 jaar ʼn hof sal moet probeer oortuig oor hoekom sy toegelaat moet word om weer by die gemeenskap in te skakel. Van Heerden is vroeër daaraan skuldig bevind dat sy Michael Van Eck (23) beroof en grusaam vermoor het in ʼn begraafplaas in Welkom in April verlede jaar. Haar medebeskuldigde, Maartens van der Merwe, word afsonderlik verhoor. Sy saak is vroeër tot Februarie uitgestel omdat hy weer vir sielkundige waarneming gestuur gaan word. Hy is as jong seun tot skisofreen verklaar.

Van Heerden en Van Eck het mekaar glo op 31 Maart 2010 op ʼn gesels-webwerf ontmoet. Van Heerden het Van Eck glo onder valse voorwendsel na die begrafplaas gelok waar sy en Van der Merwe hom glo oorval en verskeie kere met messe gesteek het. Hulle het daarna glo Van Eck lyk opgesny en sy kop, nek, linkervoet en regterarm gevat en met sy se motor na hul huis gery. Daar het hulle glo die vel, oë en ore van Van Eck se kop verwyder en dit in hul vrieskas geplaas terwyl die res van die liggaamsdele in hul tuin begrawe is.

Die vermoorde Michael van Eck

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.