Van Eck-moord: Verdagte se hofsaak begin

Maartens van der Merwe en Chané van Heerden Foto: Facebook

Maartens van der Merwe, die man wat daarvan verdink word dat hy Michael van Eck (23) in 2011 in ‘n begraafplaas in Welkom vermoor het, se verhoor het Maandag in die rondgaande hof op Virginia begin.

Van der Merwe is vroeër vanjaar deur die hooggeregshof in Bloemfontein bevoeg verklaar om verhoor te word, berig OFM. Die saak behoort ongeveer twee weke lank te duur. Van Eck is in 2011 in ‘n begraafplaas vermoor en sy liggaam is vermink. Van der Merwe se mede-beskuldigde, Chané van Heerden, het verlede jaar op dié moord skuldig gepleit en is tot ‘n minimum van 20 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.