Van Kaapstad na Londen in 10 dae

Phillip Young en Paul Brace

Twee mans van Brittanje sal poog om binne 10 dae van Kaapstad na Londen te ry.

Philip Young en Paul Brace sal op 1 Februarie van die Mount Nelson-hotel in Kaapstad vertrek en sowat 15 000km in ʼn 875cc Fiat Panda-motor aflê.

Die vorige wêreldrekord vir die reis, oor twee kontinente en deur 11 lande, was 14 dae, 19 uur en 26 minute.

“Ons gaan slegs stop om brandstof in te gooi en deur grensposte te gaan. Dit is voorwaar “sonder ophou”. Ons moet sowat 1 600km elke 24 uur aflê,” het Young aan die Cape Argus gesê.

Die motor is met ʼn spoortoestel toegerus om te verseker dat hulle nie die spoedgrens verbreek nie. Hulle sal ook kos eet wat self warm gemaak kan word en sal om die beurt bestuur. Van hulle vrese sluit in dat hulle oornag afgetrek kan word, tyd kan verloor met padblokkades, rowers in Libië en dat hul motor op die verraderlike paaie van Kenia onklaar kan raak.

Hulle beplan om £10 000 (sowat R140 437) vir die liefdadigheidsorganisasie, Farm Africa, in te samel.

Die Fiat Pando-motor waarmee die twee geesdriftiges die pad gaan aandurf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.