Van Reenenspas op die N3 gesluit

Foto: ER24

Die Van Reenenspas op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal is Woensdag toegemaak weens ongelukke in die gebied.

Die ongelukke is glo weens swak sig in die gebied veroorsaak. Die snelweg tussen Gauteng en KwaZulu-Natal is tans in beide rigtings vir verkeer gesluit. Con Roux, woordvoerder van die N3 Tolkonsessie, het gesê drie ongelukke, waarin 20 voertuie betrokke was, het binne 3 km van mekaar op die Van Reenenspas plaasgevind. Een vrou is oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae