Van Reenenspas weer gesluit

Sneeu in Kokstad. Foto deur Rob Byrne op Twitter gelaai.

Die Van Reenenspas in die Drakensberge is na nog swaar sneeuneerslae vir die tweede keer Dinsdag gesluit.

Volgens Andy Visser, ʼn woordvoerder vir die N3-tolkonsessie, is die pas rondom 12:00 geopen ná sneeu die pad vroeër die oggend onbegaanbaar gemaak het. Maroela Media het vroeër berig dat daar geen ongelukke op die pas aangemeld is nie, maar motoriste was op dié pad vasgekeer.

ʼn Woordvoerder van Arrive Alive, Tshepo Machaea, sê verskeie paaie in die Oos-Kaap is gesluit weens sneeu. Van die paaie wat gesluit is, is die R61 tussen Graaff-Reinet en Cradock, die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg, die R58 in die omgewing van Barkly-Oos en die R68 tussen Barkly-Oos en Lady Grey.

Sneeu het ook die verkeer op die pad tussen Matatiele en Kokstad beïnvloed, het Machaea gesê.

“Dit het ook op die OR Tambo-lughawe gesneeu maar dit het nie vlugte beïnvloed nie,” het Unathi Batyashe Fillis, woordvoerder vir die Lughawensmaatskappy vir Suid-Afrika (Acsa), gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.