Van Rooyens se beweerde moordenaars borg geweier

Die vermeende moordenaars van Ernest (77) en Annatjie (73) van Rooyen is Dinsdag borgtog geweier in die Parys-landroshof.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, sê Ezekiel Mnguni (30) en Mmaditaba Mokubung (46) sal weer op 20 Maart in die hof verskyn. Die Van Rooyens is in Januarie op hul plaas Somerset naby Parys in die Vrystaat vermoor. Die egpaar se huishulp het by die plaashuis opgedaag en gesien die huis is geplunder. Sy en ‘n buurman het uiteindelik in die motorhuis, waar die egpaar ‘n snoepwinkel bedryf het, op hulle liggame afgekom. Ernest se voete was vasgebind en ‘n sak is oor sy kop getrek. Annatjie se liggaam is in die vrieskas gedruk. Mnguni en Mokubung is kort na die moorde in Zamdela naby Sasolburg in hegtenis geneem nadat kruideniersware en selfone wat aan die Van Rooyens behoort in hul besit gevind is. Die polisie soek steeds na ʼn derde verdagte in verband met die moorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.